Heidelberg Depot

Die Heidelberg Skou was hierdie jaar besiger as vorige jare en ons het ’n heerlike tyd in die Engen Hut saam met al ons kliënte gehad. Die perde was besonders mooi hierdie jaar en die hondeskou is baie goed ondersteun. Die Jersey Jeugskou was ’n treffer onder die kinders – ’n definitiewe hoogtepunt. Die Heidelberg Depot-span wil graag geluk sê aan almal, van organisasie tot prestasie.

Ons span wil ook graag die boere sterkte toewens vir die voorbereiding vir die komende saaiseisoen ─ ons weet julle het alles onder beheer.

Kontak ons gerus vir die beste brandstof- en oliepryse in die distrik.